Ons storie

Baltimore Boerevereniging hou elke jaar die Baltimore 4x4 gesinsnaweek om fondse in te samel vir die ondersteuning van bejaardes, gebieds-beskerming en instandhouding van infrastruktuur.

Die rally bestaan uit die volgende afdelings:

  1. 4x4 Vaardigheid;
  2. 'n Tydtoets;
  3. Flora identifikasie;
  4. Groepwenner;
  5. Algehele wenner

Die algehele wenner word op die volgende formule gekies:

  • 4x4-vaardigheid - 50     
  • Tydtoets - 30     
  • Bosveldfokus - 20     
  • Totaal - 100
In 'n afdeling vir dames word die punte van al die afdelings bymekaar getel om 'n wenner te bepaal. DIe dames ding in al die afdelings ook teen die mans mee. 'n Dame kan dus 'n afdelings-wenner asook die algehele wenner wees.
 
Die Baltimore 4x4 begin op 'n Donderdag-aand met registrasie en 'n goeie (gratis) bosveld-ete.
 
Individuele deelnemers kan groepe vorm wat bestaan uit enige aantal voertuie. Hulle kwalifiseer dan vir die groepprys. Groepe kies hul eie name.
 
Die pryse wat gewen kan word tydens hierdie uitsonderlike Bosveld belewenis beloop ten minste R8000:
  • Wenner van die tydtoets - R1000,00
  • Wenner van die 4x4 vaardigheidstoets - R1000,00
  • Wenner van die flora identifikasie - R1000,00
  • Wenner van die dames afdeling - R1000,00
  • Algehele wenner - R4000,00
  • Geskenkbewyse en trofeë word uitgedeel.
Behalwe die gewone 4x4 voertuie kan eienaars van veeldoel kwads met 4x4 aandrywing (ATV's, side-by-sides) ook inskryf.
 
Die hoofhek by Oryx Ranch waar die Baltimore 4x4 gehou word, word Donderdag-aand gesluit. Besoekers wat oor die anweek by deelnemers wil aansluit moet vooraf reëlings tref met die organiseerders.
 
Deelnemers en besoekers moet hulle eie eetgerei en kampstoele saambring.